Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dat Mpumalanga-regering ondersoek instel na beplande myn wat waterbron bedreig

Na toenemende druk van die VF Plus sal die Mpumalanga-regering ondersoek instel na die negatiewe impak wat ‘n beplande myn in Wakkerstroom op die nabye omgewing sal hê.

Die party het ‘n dringende mosie ingedien wat eis dat die regering ingryp voor die Indiese mynmaatskappy Atha-Africa Ventures met enige mynbou- en verwante aktiwiteite begin sonder omgewingsmagtiging en plaaslike beplanningsgoedkeuring.

Die mosie is deur al die provinsiale wetgewerlede aanvaar en ‘n ondersoek sal spoedig van stapel gestuur word.

Omgewingskenners het reeds bepaal dat ‘n myn in die Mabola-beskermende omgewing ‘n verwoestende impak sal hê op nabygeleë gemeenskappe, voëllewe, wild en die ekosisteem. Dit bedreig ook ‘n kritieke en strategiese waterbron.

Dié gebied val binne die Nkangala-Drakensberg-strategiese waterbron, een van 22 sulke gebiede regoor die land. Dit is gesamentlik verantwoordelik vir sowat 50% van Suid-Afrika se vars water.

Dit bestaan hoofsaaklik uit vleilande, panne en grasvelde en is ‘n bron vir vier groot riviere – die Tugela-, die Vaal-, die Usutu- en die Pongola wat water verskaf aan ‘n groot aantal stroomaf-waterverbruikers.

Vorige hersonering na landbougrond deur ʼn destydse LUR vir landbou en omgewingsontwikkeling, mnr. Vusi Shongwe, was foutief. Dit het geensins die waterbron of die omgewingsimpak in ag geneem nie. Mynbou daar sal nog meer skade aanrig.

Die voorgestelde myn sal na bewering 1 200 hektaar ondergronds en 22,4 hektaar op die oppervlak beslaan.

Daar is alternatiewe plaasvervangers vir steenkool, maar nie vir water nie. Water is ʼn basiese mensereg wat in Suid-Afrika se Grondwet verskans word.

Die tyd het aangebreek om pro-aktief te raak met ʼn gesamentlike poging om die ANC uit mag te stem tydens die 2024-verkiesing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.