Die VF Plus het die Groen Skerpioene versoek om dringend in te gryp rondom die voortslepende water- en rioolprobleme in Limpopo se munisipaliteite.
Verskeie gebiede in Limpopo gaan gebuk onder omgewingswanbestuur en verwaarlosing deur munisipaliteite in die provinsie.
Die volgende areas kort dringende ingryping:
Waterprobleme: Phalaborwa, Kampersrus, Burgersfort, Steelpoort, Polokwane, Musina, Louis Trichardt, Mokopane, Mookgophong, Modimolle, Bela-Bela, Thabazimbi, Northam, Roedtan, Tzaneen, Rooiberg, Hoedspruit
Rioolprobleme: Phalaborwa, Bela-Bela, Lephalale, Musina, Louis Trichardt, Modimolle, Thabazimbi, Northam, Kampersrus, Mokopane, Marble Hall
Die meeste van die probleme word veroorsaak deur wanbestuur omdat die infrastruktuur nie op standaard is nie en instandhouding nie gedoen word nie.
Wanadministrasie en korrupsie het ook ‘n groot impak op noodsaaklike dienslewering.
Die gemeenskappe se grondwetlike regte word geskend en die situasie vererger daagliks.
Die onvermoë van munisipaliteite om verantwoordelik op te tree kan nie langer geduld word nie.
Die VF Plus sal saam met die Groen Skerpioene werk om die gebiede te ondersoek.


