Die VF Plus verwelkom die Grondwethof-uitspraak oor onafhanklike kandidate en dat die onafhanklike kandidate se aansoek om die gewysigde Kieswet as ongrondwetlik te laat verklaar, verwerp is.
Dit bring sekerheid oor die feit dat die verkiesing wel sal plaasvind. Die verkiesingskommissie het reeds sy beplanning vir die verkiesing gemik op 22 Mei 2024. Hy kan nou daarmee voortgaan.
In die geval van Build One SA wat toestemming gekry het om die Grondwethof direk te nader, behoort die aansoek geensins ’n groot invloed op die verkiesing te hê nie.
Build One se aansoek behels dat ’n sekere aantal handtekeninge vereis word vir onafhanklike kandidate. Indien dit slaag, kan net ’n geringe aanpassing gemaak word.
Almal in Suid-Afrika wil weet of die verkiesing voortgaan of nie en hierdie uitspraak skep die sekerheid dat dit wel kan plaasvind.