fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro stel sekuriteitswagte aan by tehuis vir bejaardes ná druk van VF Plus

Die Tshwane-metro het na volgehoue druk van die VF Plus sekuriteitswagte aangestel by die Oos-Moot-tehuis vir bejaardes in Villieria.

Die wagte sal dag en nag ʼn wakende oog oor die perseel hou.

Drie motors is onlangs by die tehuis gesteel en ʼn tagtigjarige inwoner is op 17 November van juwele beroof nadat mense hulle as elektrisiëns voorgedoen het wat ʼn meterlesing wou doen.

Die party het die Housing Company of Tshwane, wat verantwoordelik is vir die bestuur van die agt tehuise in die Tshwane-metro, versoek om ook dadelik sekuriteitswagte by die ander tehuise aan te stel.

Die party sal ook wil sien dat sekuriteitskameras by die persele aangebring word om bejaardes verder te beskerm.

Inwoners in die tehuise is almal van Sassa-toelae afhanklik en dit is die metro se plig om toe te sien dat genoeg veiligheidsmaatreëls toegepas word om hulle te beveilig.

Die VF Plus besoek gereeld die tehuise vir bejaardes in die Tshwane-metro om klagtes op te los.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.