fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dat polisie optree teen onwettige myners in Pelgrimsrus

Die VF Plus het Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, versoek om voorkomend op te tree teen onwettige myners in die toeristedorpie Pelgrimsrus.

ʼn Risikobestuur-strategie moet dringend ontwerp word om veral plaaslike inwoners sowel as toeriste te beskerm. Hierdie plan moet plaaslike rolspelers soos sekerheidsmaatskappye betrek.

Inwoners het kommer oor hul veiligheid teenoor die VF Plus uitgespreek. Dit is weens die onwettige mynbedrywighede in die gebied.

Swaar gewapende onwettige mynwerkers, wat hoofsaaklik uit buitelandse- en ongedokumenteerde burgers bestaan, dreig na bewering die plaaslike inwoners.

Hierdie zama-zama’s word daarvan beskuldig dat hulle infrastruktuur beskadig, ‘n omgewingskrisis skep en by misdaad betrokke is.

Nie net word plaaslike geboue gevandaliseer nie, maar word daar ook sianied en kwik reguit terug in omliggende strome gestort.

Al die waterlewe word doodgemaak en dit is nie ongewoon om dooie wild te vind wat water uit die strome gedrink het nie.

Die sytak na die Blyderivier, eens ‘n taamlik standhoudende stroom, is nou skaars ‘n vloeiende stroompie. Dit is as gevolg van zama-zama’s wat vloedmure in die spruit bou om water na hul tuisgemaakte siftingsaanleg te kanaliseer.

Die veiligheid van baie toeriste wat hierdie gewilde toeristebestemming besoek en die plaaslike gemeenskap is in die gedrang.

Shongwe het erken dat die polisie beheer verloor het oor misdaad in dié dorpie en dat die onwettige myners glo deel van ‘n “baie groot Mafia” is.

Volgens Shongwe is hierdie sogenaamde Mafia tans sterker en beter gewapen as die provinsie se polisiemag.

Dit is die tweede keer in die afgelope maande wat die LUR erken dat misdadigers die oorhand oor die polisie in die provinsie gekry het.

Dit is verregaande dat die gemeenskap in vrees moet leef en die plaaslike ekonomie skade ly weens die situasie waaraan die polisie blykbaar niks kan doen nie.

Die publiek kan nie kwalik geneem word indien hulle vertroue in ’n polisiediens verloor wat tou opgooi in die geveg teen misdaad nie.

Al wat dit kan verander, is om in 2024 vir ʼn koalisieregering te stem waarvan die VF Plus deel sal wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.