VF Plus vra dringende verslag na beweerde dieseldiefstal en misbruik van voertuie in Matlosana

Die VF Plus in die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein), het vandag die burgemeester, mnr. Ntlupheko Tsolela, om ʼn dringende verslag gevra oor ernstige bewerings van ongerymdhede in die munisipaliteit. Die versoek volg nadat Tsolela in ʼn verslag aan die raad bekendgemaak het dat ʼn burgermeesterskomiteelid, mnr. Moagi Kodisang, op “spesiale verlof” […]
VF Plus-raadslede keer “beskonke” amptenaar aan wat amok maak met munisipale voertuig

VF Plus-raadslede moes Vrydagaand in Klerksdorp noodgedwonge self ingryp om ʼn skynbaar beskonke bestuurder van ʼn munisipale bakkie aan te keer. Die VF Plus is sedert 20:00 die aand oorval met klagtes van die publiek oor ʼn munisipale voertuig wat roekeloos rondry en selfs teen eenrigtingverkeer injaag. ʼn Video van ʼn munisipale amptenaar wat in […]
Korrupsie-kultuur in ANC-beheerde Matlosana so diep dat selfs voorsitter van finansiële oorsig in hegtenis geneem is

Dit is skokkend dat die kultuur van korrupsie in die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein) so diep ingewortel geraak het dat die voorsitter van die raad se finansiële oorsigkomitee, me. Matiboho Masiako, vandag deur die Valke in hegtenis geneem is vir beweerde afpersing en korrupsie. Mosiako is vandag deur die Valke in […]
ANC in Matlosana wil R1,5 miljard se onreëlmatige besteding onder mat invee

In die jongste skokkende verwikkeling in die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit het die ANC in die munisipale raad gister probeer om meer as R1,5 miljard af te skryf en van die register oor onreëlmatige besteding te verwyder. Die VF Plus het sterk beswaar daarteen aangeteken en geëis dat alle ondersoeke na die onreëlmatige besteding afgehandel word […]
Matlosana op sy knieë weens ANC-kleptokrasie

Die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) is op sy knieë weens ʼn ANC-kleptokrasie waar korrupsie en bedrog hoogty vier. Die munisipaliteit staar bankrotskap in die gesig nadat Eskom beslag gelê het op sy bedryfsbankrekening by Absa asook vier ander beleggingsrekeninge om uitstaande skuld van sowat R1,2 miljard te verhaal. Die munisipale raad […]
Matlosana op sy knieë voor Eskom oor kragskuld

Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit se raad het vandag op versoek van die VF Plus vergader om die dreigende finansiële- en kragkrisis in Matlosana te bespreek. Die VF Plus het die vergadering aangevra nadat Eskom ‘n bevel in die hof laat bekragtig het wat bepaal dat die kragverskaffer op Matlosana se bankrekenings beslag kan lê om uitstaande […]
VF Plus veroordeel vandalisme by wykskantoor in Stilfontein

Die VF Plus in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) veroordeel die sinnelose vandalisme by die munisipale wykskantoor in Stilfontein waar daar oor die naweek ingebreek is. Die kantoor huisves die raadslid van Wyk 30 en sy wykskomitee en is dus die spilpunt van munisipale dienslewering in Stilfontein. Wat vreemd opval, is die […]
Verval van gemeenskapsgeriewe in Matlosana skokkend

Na ter plaatse besoeke van die VF Plus aan openbare gemeenskapsgeriewe in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein), het die skokkende omvang van die verwoesting en verval van hierdie geriewe weens die laksheid en nalatigheid van die ANC-beheerde munisipaliteit, opnuut geblyk. Hierdie geriewe sluit onder meer sportkomplekse, die bekende Harry Oppenheimer-stadion en gemeenskapsale in. […]
Wanbestuur by Matlosana-varsproduktemark bedreig beskikbaarheid van vars voedsel

Die VF Plus gaan die ouditeur-generaal (OG) versoek om ondersoek in te stel na beweerde wanbestuur by die Matlosana-varsproduktemark om te verseker dat plaaslike gemeenskappe nie ontneem word van noodsaaklike vars voedsel weens wanbestuur deur die ANC-beheerde munisipaliteit nie. Die party het klagtes ontvang van mark-agente en boere wie se handelsbedrywighede reeds vir maande belemmer […]
Matlosana-munisipaliteit bring dringende hofaansoek teen grondbesetters na volgehoue druk van VF Plus

Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartebeestfontein) bring vandag ‘n dringende aansoek in die Mahikengse hooggeregshof teen grondbesetters wat sedert 2 September weer onwettige strukture by Stilfontein begin oprig. Die VF Plus het onmiddellik in ‘n skrywe aan die burgemeester, M Kgaile, die speaker, Washington Ntozini, en die munisipale bestuurder, TRS Nkhumise, geëis dat […]