fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Matlosana wil R1,5 miljard se onreëlmatige besteding onder mat invee

In die jongste skokkende verwikkeling in die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit het die ANC in die munisipale raad gister probeer om meer as R1,5 miljard af te skryf en van die register oor onreëlmatige besteding te verwyder.

Die VF Plus het sterk beswaar daarteen aangeteken en geëis dat alle ondersoeke na die onreëlmatige besteding afgehandel word en diegene verantwoordelik ten volle aanspreeklik gehou word.

In ʼn aanbeveling van die oorsigkomitee oor munisipale finansies in die raad (MPAC), is aanbeveel dat die raad bloot kennis neem van onreëlmatige besteding ter waarde van meer as R1,5 miljard.

Daar is voorts aanbeveel dat meer as R356 miljoen hiervan van die provinsiale regering verhaal word omdat onreëlmatighede ter waarde van díe bedrag plaasgevind het onder beheer van ʼn provinsiaal-aangestelde administrateur.

Die oorsigkomitee het aangevoer dat die geld afgeskryf moet word weens “verlore finansiële brondokumente”.

Hierdie gebeure speel ook af teen die agtergrond van Matlosana se gespartel om kop bo water te hou nadat Eskom op sy bankrekeninge beslag gelê het en die nasionale tesourie moes ingryp om die situasie te probeer beredder.

Die omvang van die onreëlmatighede met die gepaardgaande toesmeerdery in Matlosana is verstommend.

Dit wys tot watter lengtes die ANC-regering sal gaan om homself en sy kaders te verryk en dan blatant te poog om onwettighede toe te smeer.

Die VF Plus sal bly stry teen onreëlmatighede en die toesmeer van korrupsie in Matlosana.

Die inwoners van Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.