fbpx
Vryheidsfront Plus

Swak beplanning en substandaard-behuising eis hul tol met Inanda-tornado

Swak beplanning en substandaard-regeringsbehuising van die ANC het weer hul tol geëis met die tornado wat KwaZulu-Natal by Inanda getref het.

Dit het duidelik geblyk met ʼn besoek van die parlementêre ad-hoc-komitee oor vloedrampverligting en herstel aan die gebied vandag.

Die enorme skade wat aangerig is, kon beperk gewees het indien die owerhede gehou het by die toepaslike ontwikkelings- en bouregulasies.

Behuisingstrukture is steeds teen onveilige hange en teenaan riviere opgerig. Groot strukturele skade is aan huise aangerig wat veronderstel is om windstorms en vloede te weerstaan, en ʼn groot aantal dakke is afgewaai.

Dit is duidelik dat kwaliteitsbestuur en die nakoming van bouregulasies nie toegepas is nie. Dit het in hierdie geval gelei tot lewensverlies terwyl mense steeds vermis word.

Dit is ʼn skande dat inwoners weer moes ly onder die wanbestuur van die ANC-regering so kort nadat hulle kon herstel van die gevolge van die 2022-vloede in die gebied.

Belastingbetalers landwyd sal nou ook moet opdok vir rampverligting en bystand aan inwoners. Dit sluit onder meer die verskaffing van boumateriaal in.

Suid-Afrikaners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.