Die VF Plus het met skok en hartseer verneem van die moord op die ACDP-raadslid, pastoor John Myaka, gisteraand in Enseleni, Richardsbaai.
Sy afsterwe laat ล groot leemte in die raad van die uMhlathuze-plaaslike munisipaliteit.
Pastoor Myaka was ล gewaardeerde kollega en het altyd vir almal ล woord van bemoediging gehad.
Die VF Plus spreek sy innige simpatie met pastoor Myaka se naasbestaandes uit en bid dat God hulle sal vertroos in hierdie moeilike tyd.


