fbpx
Vryheidsfront Plus

Matlosana op sy knieë voor Eskom oor kragskuld

Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit se raad het vandag op versoek van die VF Plus vergader om die dreigende finansiële- en kragkrisis in Matlosana te bespreek.

Die VF Plus het die vergadering aangevra nadat Eskom ‘n bevel in die hof laat bekragtig het wat bepaal dat die kragverskaffer op Matlosana se bankrekenings beslag kan lê om uitstaande skuld in te vorder.

Die munisipaliteit skuld Eskom reeds sowat R1,1 miljard. Die skuld het tot hierdie enorme bedrag opgehoop nadat Matlosana vir jare verskeie afbetalingsooreenkomste met Eskom verontagsaam het.

Die munisipale raad het vandag formeel die VF Plus se eis gesteun dat daar dringend ‘n volhoubare finansiële herstelplan in die raad ter tafel gelê word.

Die raad het ook besluit dat die huidige finansiële plan in die interim meer doeltreffend uitgevoer word.

Die bedreiging van die beslaglegging op Matlosana se rekenings deur Eskom is die direkte gevolg van jarelange finansiële wanbestuur en die laksheid van die ANC-beheerde munisipaliteit.

Die feit dat hierdie eens trotse munisipaliteit nou op sy knieë by Eskom om grasie moet smeek, is ‘n absolute skande.

Die VF Plus in Matlosana sal voortgaan om te stry vir ‘n skoon, bekwame administrasie.

Die inwoners van Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.