Brandstofkrisis: Van Vorster tot vandag

Suid-Afrikaanse motoriste kan maar hul gordels vasmaak – nie net vir die pad nie, maar vir wat by die petrolpomp wag. April 2026 lyk al hoe meer soos ’n rekordbreker: Brent-ruolie beweeg bo $100 per vat, die rand wankel, en voorspellings dui op ’n styging van meer as R2 per liter vir petrol. Diesel, die […]
Hoe lank moet Afrikaners nog boet vir apartheid?

Ek het onlangs met ʼn beklemmende gevoel op my maag die ope brief gelees van 42 selfverklaarde “Vredeliewende Afrikaners” wat sê Afrikaners is nie slagoffers van post-apartheidse rassisme nie en dat organisasies soos AfriForum en Solidariteit nie namens hulle praat nie. Dit het my laat wonder hoe lank Afrikaners nog die skuld moet dra vir […]
Ramaphosa se lofprysing vir Zim-grondhervormingsprogram

In ʼn toespraak wat my en etlike ander se wenkbroue tot in die stratosfeer laat lig het, het president Cyril Ramaphosa onlangs by die Harare-landbouskou in Zimbabwe die lof besing van dié land se “ambisieuse” grondhervormingsprogram. Ja, daardie einste program wat Zimbabwe se ekonomie in ʼn post-apokaliptiese braakland omskep het, kompleet met hiperinflasie waar selfs […]
Van ons politieke lessenaar

Kan Afrikaners wel toyi-toyi? Dit is wat in my gedagtes opkom na aanleiding van die Bela-protesoptog wat gereël is vir 5 November. In hoofstuk 4 van sy boek “Kan Afrikaners toyi-toyi” skryf dr. Pieter Mulder, ʼn voormalige VF Plus-leier, oor sy gesprek op 17 September 2002 met oud-president Nelson Mandela oor onder meer Afrikaans en […]
Van ons politieke lessenaar

RNE verander politieke speelveld Die ANC se meerderheidsregering van die afgelope 30 jaar het met die uitslag van die algemene verkiesing tot ʼn einde gekom. Synde dat die ANC se steun tot 40% afgeneem het, is die regerende party gedwing om ander politieke partye te betrek om ʼn regering van nasionale (RNE) aan bewind te […]
Van ons politieke lessenaar

Daar is geen kroon sonder kruis nie Synde dat die verkiesing op hande is en jy op 29 Mei jou kruisies moet gaan trek agter die politieke party van jou keuse om jou in die parlement en provinsiale wetgewers te verteenwoordig, kom een van my oorlede ma se gunsteling gesegdes, “daar is geen kroon sonder […]
Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.
Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.
15 April 2024

Met die stormwinde wat woed om die kop van die nou genadiglike voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar sekerlik vele mense wat wonder waar die amp van speaker vandaan kom; hoeveel mag die persoon het en wie sy of haar toutjies trek. Of andersom.
VF Plus-manifesbekendstelling in foto’s; Die tyd om te herstel en bou sonder ANC het aangebreek: Uittreksel uit toespraak van dr. Groenewald

Baie van ons kyk met ʼn mylpaal-verjaarsdag soos met dié van die VF Plus so ʼn bietjie in die truspieël om te sien waar ons was en waar ons onsself tans bevind.
Verkiesing-2024: Kan ons onverskillig staan?

Verkiesing-2024: Kan ons onverskillig staan? Nee, nee en nogmaals nee.
Nie een Suid-Afrikaner kan bekostig om onverskillig te staan teenoor die 2024-algemene verkiesing nie.
Die tyd om op die kantlyn te staan en kritiek te lewer, maar nie deel te neem aan verkiesings nie, is verby.
Of ons dit nou wil erken of nie, maak nie saak waar in Suid-Afrika jy woon nie, jy kan nie ontsnap van die invloed wat politiek op jou lewe het nie.