fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaat se matrieks slaag, maar baie is sonder toekomsgeleenthede

Die VF Plus wens die Vrystaatse matriekklas van 2024 geluk met hul uitslae vir die 2024-eksamen.

Die provinsie se 91%-matriekslaagsyfer moet egter binne die konteks gesien word dat die Vrystaat jaarliks een van die hoogste uitvalsyfers onder leerders in die land toon.

Die Vrystaatse departement is te gefokus op sy top-posisie. Suksesvolle onderwys hang van meer af as net die matriekslaagsyfer. Aspekte soos vakkeuses en vroeë skoolverlating kan hierdie syfers kunsmatig goed laat lyk.

Verder het die nasionale departement van onderwys in die verlede sy kommer uitgespreek oor die lees- en wiskundige vermoë van Vrystaatse leerders.

Die ANC stel jongmense teleur, veral deur die hoë vlakke van werkloosheid in die provinsie. Volgens die uitgebreide definisie is tot 38 uit elke 100 jongmense in die land werkloos.

Die gevolg hiervan is dat baie talentvolle en hardwerkende jongmense na ander provinsies en selfs lande uitwyk, omdat daar eenvoudig geen geleenthede in die Vrystaat is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.