Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat-begroting niksseggend onder ANC-ideologie

(Toespraak in Vrystaat-wetgewer)

Suid-Afrika beleef tans ‘n ongekende ekonomiese krisis vanweë die wanbestuur en vergrype van die ANC-regering. In 2021, op die vooraand van die nuwe finansiële jaar, is die Vrystaatse finansiële prentjie donkerder as ooit tevore.

Die Vrystaatse ANC sit egter agteroor en hou hom blind vir die verwoesting wat weens sy party-ideologie ontvou.

Werkloosheid in die Vrystaat is toenemend aan die styg, dienste aan inwoners het in die meeste dorpe tot ‘n totale stilstand gekom en munisipaliteite is besig om al hoe vinniger in duie te stort. Paaie in die Vrystaat is lewensgevaarlik weens slaggate en het reeds talle mense se dood veroorsaak.

Die Vrystaat het ‘n las geword vir ‘n reeds sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie.

Verskeie ANC-LUR’e in die provinsie het hul misnoeë uitgespreek oor fondsbesnoeiing aan hul departemente in vanjaar se begroting. Dit is wel onverskoonbaar dat die departement van behuising meer as R100 miljoen se voorwaardelike toekennings verloor weens onderbesteding.

Die Vrystaat se koffers is leeg en fondse van departemente moet behoorlik bestuur word.

Die VF Plus eis dat departemente wat groter toedelings in die komende boekjaar ontvang, moet presteer, dienste lewer en geen verskonings maak vir die versuim om hul mandaat uit te voer nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.