Die VF Plus verwelkom die menseregtekommissie (MRK) se bevestiging dat daar nou regstappe geneem word teen die Vhembe-distriksmunisipaliteit (Musina en Louis Trichardt) weens die voortslepende waterkrisis.
Danksy die volgehoue druk van die party en die goeie samewerking van die MRK se regsafdeling geniet die krisis nou welverdiende aandag.
Die VF Plus het in Maart 2023 ʼn klag by die MRK ingedien en ʼn strafregtelike saak teen die bestuur van Vhembe aanhangig gemaak.
Die saak sal nou voor die hooggeregshof dien nadat die Vhembe-distriksmunisipaliteit teen 19 Maart weereens nie daarin kon slaag om doeltreffende planne in plek te stel om die krisis op te los nie.
Die VF Plus sal wil sien dat die hof Vhembe dwing om sy grondwetlike verpligting na te kom om water aan die inwoners van Musina, Louis Trichardt en omliggende gebiede te verskaf.
Die VF Plus verwelkom die MRK se stappe, maar beskou dit as skandalig dat ʼn hof ʼn munisipaliteit moet dwing om sy verantwoordelikhede teenoor inwoners na te kom.
Kiesers moet op 29 Mei die ANC by die stembus straf.
Sonder die ANC kan ons die land herstel en bou.