Die VF Plus in Gauteng is uiters bekommerd oor die vuurwapens wat Sondagoggend in onbewoonde dokterskwartiere by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gevind is en dring aan op ‘n volledige polisieondersoek.
Sekuriteitspersoneel het ‘n verskeidenheid wapens, ammunisie en polisietoerusting bestaande uit drie 9mm-pistole, 47 koeëls, pepersproeihouers, handboeie, ‘n polisieglimbaadjie en ‘n polisiepet gevind.
Dit is onrusbarend dat wapens op ‘n hospitaal se terrein gevind is waar daar na die gesondheid en versorging van pasiënte omgesien moet word.
Die VF Plus het die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, om ‘n volledige ondersoek gevra om vas te stel of die wapens gebruik is in die pleeg van enige misdaad en om die skuldiges so spoedig moontlik vas te trek.
Navrae: 066 010 1066