Die onlangse aanbeveling van die VF Plus dat oorweging geskenk moet word aan die toekomstige uitkontraktering van chroniese en ander medisyne aan geakkrediteerde apteke in die hele Wes-Kaap, kan talle voordele vir gemeenskappe inhou.
Staatshospitale sukkel tans om die mas op te kom met die toename in pasiënte. ‘n Goeie verhouding tussen die provinsiale regering met die privaatsektor sal daarom vele voordele inhou soos korter rye vir bejaardes, meer toeganklikheid van medikasie asook ‘n makliker handhawing van sosiale afstand in die Covid-19-tydperk.
Bykomend hiertoe stel dit verpleegsters in staat om medisyne by bejaardes en gestremde persone tydens besoeke af te lewer.
Tydens die besoek kan roetine-opnames soos bloeddruk en suikervlakke getoets word en kan daar deurlopend rekord gehou word van pasiënte se algemene gesondheidstoestand.
Verpleegsters sal ook in staat gestel word om sosio-ekonomiese omstandighede te rapporteer, onder meer tekens van verwaarlosing, ondervoeding of mishandeling van bejaardes wat dikwels oorgesien word.
Die VF Plus vra daarom dat die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, ‘n dringende verslag opstel oor die aangeleentheid vir bespreking in die Wes-Kaapse wetgewer.
Navrae: 082 907 9177 / 065 801 7216