Die VF Plus het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van dr. Danny Titus.
Dr. Titus is gisteraand oorlede nadat hy lank in ‘n koma was weens komplikasies ná ‘n oogoperasie op 28 Julie vanjaar.
Ek het hom leer ken as ‘n inneemlike, rasionele persoon wat hom kon handhaaf in moeilike, emosionele situasies en wat baie empatie en begrip kon toon vir omstandighede, maar wat steeds rasionele besluite in moeilike situasies kon neem.
Dr. Titus het wye respek afgedwing en hy was ook ‘n groot kampvegter vir Afrikaans. Hy kon waarlik verby kleur kyk en het gewys dat enige mens van kleur die hoogste sport bereik in kan Suid-Afrika.
Suid-Afrika is armer sonder dr. Titus en ek wil persoonlik en namens die VF Plus my innige meegevoel en simpatie betuig met sy naasbestaandes. Ons bid hulle die vertroosting van die Here toe.
Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216