Die VF Plus in Limpopo het vandag, na ‘n oorsigbesoek van die Limpopo-wetgewer se landbou-komitee, ‘n klag ingedien by die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) oor die onaanvaarbare toestande waaronder vee by die Mara-navorsingstasie buite Makhado (Louis Trichardt), aangehou word.
Vee staan soms vir twee weke op kraal. Krippe is glo meestal leeg en voer word nie gereeld aan die diere gegee nie.
Die stasie is wanfunksioneel weens 'n bestuurskrisis en die vorige bestuurder is na Bela-Bela ontplooi, maar is wel weer vir ‘n maand by die Mara-navorsingstasie.
Gedurende die inperkingstydperk is' n honderd beeste gesteel waarvan sommige teruggevind is. Die vee is net gemerk aan die ore, maar nie ook gebrandmerk nie, wat dit moeilik maak om hulle te identifiseer.
Mara-navorsingstasie is veronderstel om navorsing te doen oor die aanpasbaarheid van verskillende veerasse in Limpopo sodat opkomende boere met die mees gepaste vee boer. Dié navorsing word egter nie meer gedoen nie.
Die ANC-regering is duidelik nie ernstig oor hulp aan opkomende boere en landbou in die algemeen nie.
Navrae: 066 024 4623