fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra Raad op Mediese Skemas uit oor Medipos

Die VF Plus het gister tydens ‘n vergadering van die portefeuljekomitee oor gesondheid die Raad op Mediese Skemas (RMS) uitgevra oor die debakel wat tans heers by Medipos.

Medipos is die mediese skema vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo).

Luidens berigte bly Sapo se onbetaalde mediesefonds-rekening van R700 miljoen ‘n groot probleem vir die staatsinstelling.

Die VF Plus wou weet waarom die RMS nie vinniger opgetree het oor hierdie aangeleentheid wat ernstige gevolge vir Medipos se lede inhou nie.

Lede wat wel hul bydraes gereeld en getrou betaal, ly nou onder die debakel.

Die VF Plus ontvang gereeld klagtes hieroor vanaf die fonds se lede.

Die VF Plus wou ook weet waarom die RMS nie die saak onder die aandag van die portefeuljekomitee gebring het nie.

Die bedrogspul van R300 miljoen by die mediesefonds vir staatsamptenare (Gems) is ook eers op die spits gedryf toe lede van die portefeuljekomitee die reguleerder in 2021 daaroor aangevat het.

Die VF Plus het nou gevra om ‘n volledige verslag oor mediese fondse wat in gevaar staan om in duie te stort.

Die reguleerder het aangedui dat die portefeuljekomitee hom enige tyd kan roep vir ‘n vergadering en dat so ‘n verslag aan die portefeuljekomitee voorsien sal word sodra dit afgehandel is.

Die VF Plus spreek die hoop uit dat die Medipos-debakel spoedig opgelos sal word sodat lede nie sonder mediese sorg gelaat word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.