fbpx
Vryheidsfront Plus

Diensleweringskrisis sal volgende Kopanong-ramp wees

‘n Groter diensleweringskrisis dreig in die Kopanong-plaaslike munisipaliteit wat onder meer die rampgeteisterde Jagersfontein bedien.

Die munisipaliteit, wat ook agt ander dorpe bedien naamlik Trompsburg, Edenburg, Fauresmith, Gariepdam, Philippolis, Reddersburg, Springfontein en Bethulie, sal hierdie maand waarskynlik weer nie sy werknemers se salarisse kan betaal nie.

Die wanbetaling van salarisse is soos gebrekkige dienslewering ‘n gereelde probleem in dié munisipaliteit en werkers is tans op ‘n sloerstaking wat ‘n groter diensleweringskrisis veroorsaak.

Die VF Plus eis dat die premier van die Vrystaat, me. Sisi Ntombela, dringend ingryp.

Die Xhariep-distriksmunisipaliteit, waarvan Kopanong-munisipaliteit deel vorm, sowel as die provinsiale tesourie en die provinsiale departement van samewerkende regering moet met die munisipaliteit saamwerk om ‘n tweede ramp af te weer.

Dit is die algehele ineenstorting van dienslewering wat onmeetbare skade sal aanrig.

Die VF Plus eis verder in ‘n skrywe aan die hoof van inspeksiedienste van die departement van arbeid en werkskepping dat dié departement ook ingryp.

Die wanbetaling van salarisse lei tot onhoubare omstandighede, veral in Jagersfontein, waar ‘n slikramp onlangs die inwoners in ‘n geweldige krisis gedompel het.

Die munisipaliteit sal na verneem word ook nie in November of Desember salarisse kan betaal nie. Dit kan heel moontlik tot onluste lei.

Die finansiële bestuur van die munisipaliteit is só swak dat dit nie oor ‘n lopende inkomste beskik om uitgawes, soos salarisse, te dek nie.

Voorwaardelike toekennings wat deur die nasionale regering aan munisipaliteite betaal word vir onder meer infrastruktuurontwikkeling, word gereeld gebruik om die lopende uitgawes soos die salarisse te betaal.

Om die kroon hierop te span, het die salarisrekening boonop verdubbel sedert die vorige boekjaar.

Dit is verregaande en wys dat die ANC se verkeerde prioriteite en beleid, kaderontplooiing en algehele onvermoë tot die ondergang van alle munisipaliteite in hul huidige vorm sal lei.

Die inwoners van Kopanong verdien beter as die ANC. Hulle verdien ‘n verantwoordelike regering wat dienslewering en infrastruktuurinstandhouding sal prioritiseer in die belang van al sy inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.