fbpx
Vryheidsfront Plus

Phokwane: ANC-speaker met mosie van wantroue gelig – net om nuwe ANC-speaker te kry

Die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstad) het 'n gulde geleentheid om die ANC uit die kussings te lig, deur die vingers laat glip.

Indien die opposisie saamgewerk het, sou hulle Phokwane van vandag af van 28 jaar se wanbestuur kon herstel.

Met die 2021-plaaslike verkiesing het die ANC tien van die moontlike negentien setels verwerf. In 'n tussenverkiesing is die bordjies egter verhang toe die EFF 'n wyk van die ANC afgeneem het.

Phokwane word reeds vir jare deur swak regering en onbekwame senior bestuur geteister.

Die munisipaliteit is in 2020 ontbind, maar nie die nuwe raad wat tóé, of in November 2021 verkies is, kon sake regruk nie. Dit is omdat dieselfde ANC-kabaal aan bewind gebly het, sonder ‘n behoefte om sake te verbeter.

Toe die opposisie met die tussenverkiesing in April vanjaar 'n meerderheid verwerf het, het hoop opgevlam dat die ANC uit sleutelposisies verwyder kon word.

Hoewel nie die VF Plus of die DA bereid is om met die EFF in koalisie te gaan nie, is daar voorbeelde waar die ANC wel verslaan kon word.

Uiteindelik was die mosie van wantroue in die speaker suksesvol, maar toe 'n nuwe een verkies moes word, het die ANC se kandidaat, (mnr. Willem Harmse) met elf stemme teenoor agt geseëvier teenoor die Forum for Service Delivery se Michael Setlhogomi.

Met hierdie verloop van sake voor oë is die mosie van wantroue teen die burgemeester onttrek.

Die gevolg is dat ANC wanbestuur verder verduur sal moet word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.