Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra belasting-ombudsman om BTW-terugbetaling van R70 miljoen aan Guptas te ondersoek

Die VF Plus gaan die ombudsman vir belasting versoek om ondersoek in te stel na die BTW-terugbetaling van R70 miljoen wat verlede week aan die Guptas gedoen is tot voordeel van hul maatskappy Oakbay Investments, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor finansies.

Adv. Alberts sê beweringe in ‘n artikel van Netwerk24 dat die belastingbaas Tom Moyane persoonlik ingegryp het om die oënskynlik onreëlmatige betaling moontlik te maak, is ook baie ernstig, en die ombudsman sal in besonder gevra word om Moyane se rol in die betaling te ondersoek.

Hy sê daar kom nou feitlik weekliks opspraakwekkende en verdoemende nuwe inligting na vore wat duidelik wys hoe sterk en diep die Guptas se invloed in die staatsmasjinerie en by baie van sy belangrikste amptenare is.

Verlede week in die parlement het adv. Alberts ook die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, skerp oor die stroping van die staat se bates aangevat en gesê dit herinner aan ‘n skool piranhas om ‘n prooi.

“Die stroping is besig om vinnig in intensiteit toe te neem en ‘n mens is byna nie verbaas as nog bewerings en nog ‘n moontlike betrokkene soos Moyane genoem word nie.

“Wat veral verstom is die klaarblyklike arrogansie waarmee die kapers al hoe meer optree. Dis asof hulle weet hulle kan straffeloos handel en dat hulle daarom nie eens veel moeite te doen om hul handewerk te verdoesel nie.

“Dit is duidelik in navolging van die staatspresident wat selfs in die parlement beskuldigings van staatskaping en die Guptas se rol daarin bloot aflag,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.