fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus se koalisie-ooreenkoms realiseer in Tshwane

Die koalisie-regering in die Tshwane-metroraad het die mediumtermyn-begroting met ‘n oorweldigende meerderheid goedgekeur. Die burgemeester van Tshwane se begroting wat hy namens die koalisie ter tafel gelê het, het ‘n eenvoudige boodskap – terug na die basiese behoeftes van inwoners.

“Met so ‘n eenvoudige, dog effektiewe begroting is die stad weer op pad na finansiële herstel, nadat die ANC in die verlede soveel skade aangerig het,” sê rdl. Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van Tshwane se munisipale openbare rekeninge-komitee.

In sy toespraak, na die burgemeester se begrotingsrede, het rdl. Erasmus na die vorige bedeling verwys en gesê inwoners kan nie betaal vir die verlede se swak beplanning en oneffektiewe bestuur van fondse nie.

“Met die nodige deurdagte finansiële bestuurspraktyke kan ons eerder in die toekoms die verlaging van tariewe oorweeg.”

Hy het ook verwys na die koalisie-ooreenkoms wat nagekom is deur die R2 miljard begroting aan metropolisie. Die metropolisie word ook nou meer aangewend vir die beskerming van inwoners en nie net vir die uitskryf van boetes nie.

’n Verdere R1,3 miljard is begroot vir herstel en onderhoud van verouderde infrastruktuur.

Die koalisie het ook klem gelê op die ondersteuning van motor-industrie, spesiale ekonomiese sones, industriële ontwikkeling, die opgradering van die Wonderboom-lughawe en die skraping van verouderde bywette – wat alles kernvoorwaardes van die koalisie was.

“Die VF Plus as koalisie-vennoot het die skep van ‘n spesialis kantoor voorgestel wat sal dien om net klein- en medium sakeondernemings se munisipale besigheidsbehoeftes te bevorder. Hierdeur word die ekonomie gestimuleer en so skep ons volhoubare werksgeleenthede.”

“Die koalisie-regering is besig om die pad te baan vir stabilisering en herlewing van die Tshwane-metroraad, maar het die burgermeester Solly Msimanga, gewaarsku dat die VF Plus-koalisievennoot die uitvoering van die begroting fyn sal monitor en evalueer.”

Tel: 072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.