fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal die OBK en GEPF opponeer indien hulle staatsdienspersoneel se pensioengeld gebruik om openbare ondernemings op enige wyse te finansier

Die VF Plus sal alles moontlik doen om te verhinder dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) op enige wyse gebruik om openbare ondernemings te finansier, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.

Adv. Alberts sê die VF Plus het reeds met senior regslui gekonsulteer wat bereid is om hof toe te gaan om enige misbruik stop te sit. Die regslui sal onafhanklik optree namens die pensioenarisse.

Hy sê dit is ‘onlogies en gek’ om die geld van die staat se pensioenarisse te gebruik om gekaapte openbare ondernemings te probeer red.

“Die VF Plus is trouens van mening dat die direkteure onder wie se toesig die openbare ondernemings gefaal het, persoonlik moet instaan vir geldelike verliese, selfs al moet hul eie pensioene daarvoor gebruik word.

“Die VF Plus sal nie toelaat dat dieselfde met die GEPF gebeur as wat met Transnet se pensioenfondse gebeur het nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.