Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Polisie moet antwoorde gee oor misdaadbekamping in Gauteng

Die jongste polisiemisdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van 2026/27 wek ernstige vrae oor die doeltreffendheid van misdaadbekamping in Gauteng.

Hoewel die polisie honderde operasies en inhegtenisnames rapporteer, bly die werklike maatstaf nie die aantal aksies nie, maar tasbare resultate: minder misdaad, meer suksesvolle vervolgings en die ontmanteling van georganiseerde misdaadnetwerke.

Die verslag toon dat 751 mense in verband met onwettige mynbou in hegtenis geneem is, maar 625 van hierdie inhegtenisnames was slegs vir immigrasieverwante oortredings.

Die polisie moet verduidelik hoeveel sindikaatleiers, finansiers, goudkopers en ander sleutelfigure werklik vervolg en skuldig bevind is.

Bendegeweld bly ’n ernstige bedreiging, tog rapporteer die verslag net twee skuldigbevindings in bendeverwante sake. Dit wys op ’n groot gaping tussen die omvang van operasionele aktiwiteite en die uiteindelike geregtelike uitkomste.

Mensehandel is nog ’n kwelpunt. Alhoewel 27 bestaande sake voortgesit is, is geen nuwe dossiere gedurende die kwartaal ontvang nie. Die polisie moet verduidelik of dit ’n werklike afname in mensehandel weerspieël, of eerder swak opsporing en rapportering.

Verder is 85 sake van inbrake by skole, klinieke en hospitale as onopgelos gemerk weens onvoldoende bewyse. Dit is onaanvaarbaar dat openbare instellings herhaaldelik geteiken word sonder dat verantwoordelikes suksesvol vervolg word.

Die publiek verdien ’n polisiediens wat nie net misdaad bestry nie, maar meetbare resultate lewer.

Die polisie moet dringend rekenskap gee van die doeltreffendheid van sy strategieë, die gehalte van ondersoeke en die aantal suksesvolle vervolgings en skuldigbevindings.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.