Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stukkende watersuiweringsaanleg in Devon lei tot visvrektes en siek vee

Die jarelange wanbestuur en infrastruktuur-ineenstorting onder die ANC-beheerde Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Heidelberg, Ratanda, Devon) het veroorsaak dat die Devon-watersuiweringsaanleg jare reeds buite werking is.

Onverwerkte riool vloei regstreeks in plaasdamme en riviere in, met die gevolg dat visse vrek en vee ernstig siek word.

Die VF Plus het Saterdag ’n plaasboer besoek wie se grond direk aan dié watersuiweringsaanleg en die Wilgerrivier grens. Hy word nou gedwing om sy vee na ander dele van die plaas te skuif om te voorkom dat hulle verder siek word.

Die diere ly tans aan erge diarree wat die besoedelde water vermoedelik veroorsaak het.

Een van sy damme lê langs die suiweringsaanleg. Onverwerkte riool loop vanuit die munisipale damme direk oor in sy eie dam.

Dieselfde dam is naby ’n informele nedersetting geleë waar inwoners gereeld hengel. Die boer het hulle al herhaaldelik gewaarsku om nie die vis te eet nie, maar baie spoel dit bloot met seepwater af en verkoop dit steeds.

Tydens die besoek is verskeie dooie visse op die damwal aangetref.

Die VF Plus het onmiddellik die waarnemende hoof van die departement van infrastruktuur, Star Mamobela, geskakel. Hy het onderneem om die plaas hierdie week te besoek.

Die party sal die situasie noukeurig dophou en sal voortgaan om druk op die munisipaliteit te plaas totdat die watersuiweringsaanleg herstel is of ’n permanente alternatief gevind is.

Op 4 November het kiesers die geleentheid om ’n duidelike boodskap te stuur en vir die VF Plus te stem wat dienslewering eerste stel, infrastruktuur herstel en onbevoegde amptenare tot verantwoording roep.

Dit is tyd.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.