Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus betuig medelye met dood van DA-koukusleier in Metsimaholo

Die VF Plus betuig sy opregte medelye met die familie, vriende en kollegas van raadslid Thulani Mbana, die DA se koukusleier in die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit.

Mbana is luidens berigte by sy huis in Zamdela doodgeskiet.

Die VF Plus-raadslede in Metsimaholo het ’n goeie werksverhouding met Mbana gehad. Hy sal onthou word as ’n vriendelike en toeganklike kollega wat, ondanks politieke verskille en vurige debatte, goeie verhoudinge gehandhaaf het.

Die VF Plus doen ’n beroep op die polisie om alles moontlik te doen om die voorval deeglik te ondersoek en die skuldiges so spoedig moontlik aan die man te bring.

Geweld en moord mag nooit as normaal of aanvaarbaar in Suid-Afrika beskou word nie. Die VF Plus hoop dat geregtigheid sal geskied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.