Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom swartlys vir onderpresterende kontrakteurs in Tshwane

Die VF Plus het tydens ʼn vergadering van die Tshwane-metro se portefeuljekomitee vir paaie en vervoer, ʼn aanbeveling gesteun dat kontrakteurs wat nie aan die vereiste standaarde voldoen nie, op ʼn swartlys geplaas word.

Dit sluit in kontrakteurs wat oneerlik is oor hul vermoëns, wat verkrygingsprosesse manipuleer en projekte staak voor voltooiing.

Die hele metroraad het die aanbeveling aanvaar.

Die VF Plus is ʼn voorstander van kontrakte wat op meriete toegeken word en dat die keuringsproses vir kontrakteurs regverdig en deursigtig moet wees om verkwisting, onbevoegdheid en korrupsie uit te skakel.

Kontrakteurs wat hulle skuldig maak aan wanbestuur en die misbruik van belastinggeld, mag nie geduld word nie.

Die VF Plus sal egter die prosesse noukeurig volg en die administrasie verantwoordelik hou vir die toekenning van kontrakte indien daar wanbestuur plaasvind.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.