Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom stappe teen 389 Ekurhuleni-metropolisielede

Die VF Plus verwelkom die dissiplinêre stappe wat geneem is teen 389 lede van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) wat op 19 Maart vanjaar aan ʼn onwettige loonstaking deelgeneem het.

Dié lede het staatsvoertuie gebruik om hoofroetes in Ekurhuleni af te sper om hul griewe te lig.

Die metropolisie se werk word as ‘n noodsaaklike diens beskou en die lede se optrede het die Wet op Arbeidsverhoudinge geskend.

Die lede moes hul vuurwapens, voertuie, toegangskaarte en toerusting indien tot ná die uitkoms van die dissiplinêre verhore.

Alhoewel die stap teen die lede verwelkom word, beteken dit ook dat daar nou 389 minder metropolisielede is om wet en orde te handhaaf in Ekurhuleni.

Die verbreking van wet en orde kan egter nie oorgesien word nie en die VF Plus veroordeel die optrede van die lede ten sterkste.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.