fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Grondwethof se uitspraak dat wet om grond te onteien ongeldig is

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat die Wysigingswetsontwerp op Grondonteiening ongeldig is en die party steun die beginsel dat 'n billike bedeling oor grondregte gevestig word, sê mnr. Werner Weber, die VF Plus se woordvoerder oor grondsake.

Mnr. Weber sê wetsontwerp het gehandel oor ‘n baie sensitiewe en emosionele aangeleentheid en dit moet nou op ‘n nugtere en beredeneerde wyse aangepak word met deeglike insette van alle rolspelers in openbare deelname soos die hof ook aanbeveel het.

“Die VF Plus kritiseer die vertrekpunt van die ANC-regering rakende grondhervorming, naamlik dat grondregte herstel moet word omdat wit mense alle grond in Suid Afrika gesteel het. Dit lei bloot tot die weervraag waar en hoe swartes die grond bekom het.

“Het hulle met die Khoi-San onderhandel oor die grond, het hulle dit gekoop, of het hulle dit net gevat? In 'n behoorlike konsultasieproses moet hierdie aspekte behoorlik bespreek word om sulke wanopvattings eens en vir altyd uit die weg te ruim,” sê mnr. Weber.

 

Navrae: 083-419-5403 / 084-652-9164

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.