fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra waar is Ekurhuleni se rampbestuursplan

Terwyl die ANC-premier, David Makhura en die EFF leier, Julius Malema, soos vlieë op die Oos-Rand toesak om stemme te probeer werf uit die skade wat aangerig is van eergister se tornado, wil die VF Plus by die ANC weet waar is Ekurhuleni se rampbestuursplan.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het gewaarsku dat die betrokke metro nie gerat is om die skade wat aangerig is te behartig nie.

"Die VF Plus het vroeër vanjaar die ANC en die premier gewaarsku dat alle munisipaliteite se rampbestuursplanne drasties opgegradeer moet word omrede weinig van hierdie planne bestaan en dit wat wel bestaan is ouer as 40 jaar."

Die VF Plus dring nou daarop aan dat alle munisipaliteite dit hul hoogste prioriteit maak om hul rampbestuursplanne te hersien, op datum te bring en in werking te stel voor die einde van September 2016.

"Verskeie rampe het Gauteng reeds hierdie jaar getref. Informele nedersettings wat afbrand en tornado’s wat nou opduik is 'n gegewe. Oorstromings kan ook nog plaasvind en nêrens is daar behoorlike planne op die tafel om gemeenskappe by te staan indien 'n ramp plaasvind nie."

Die VF Plus sal die nodige stappe neem om toe te sien dat hierdie rampbestuursplanne behoorlik in werking gestel sal word.

 

 

Tel: 084 0154 722 of 011-498 5477

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.