fbpx
Vryheidsfront Plus

Pretoria-Wes gemeenskap oorhandig petisie oor behuising en maatskaplike kwessies

Die Vryheidsfront Plus se Pretoria/Tshwane-burgemeesterskandidaat, adv. Anton Alberts en pastoor Ben Erasmus, Pretoria/Tshwane-raadslid, het vandag in Hercules die plaaslike gemeenskap se sorge bespreek tydens ‘n voedingsaksie waar mense van ‘n warm bord kos voorsien is.

“Die gemeenskap het ‘n petisie geteken tydens die geleentheid waarin hulle hul bekommernisse uiteengesit het rakende die gebrek aan behuising en maatskaplike sorg deur die ANC-stadsraad. Dit is skreiend dat daar talle regerings-eenhede in Suiderberg gebou is, maar net drie was werklik oorhandig aan lede van die gemeenskap self. Die meerderheid eenhede was gegee aan die ANC se eie ondersteuners,” het adv. Alberts gesê.

“Dit ten spyte van die groot beloftes wat deur president Zuma gemaak is tydens sy besoek aan die gebied in 2008 om ook die gemeenskap by te staan!”

Pastoor Erasmus van die VF Plus het na die ete ook gesorg dat die behoeftiges klere gekry het. Die gemeenskap is ook uitgenooi om op ‘n weeklikse basis aan te meld vir bystand met maatskaplike behoeftes.

Daar was egter ook ‘n boodskap van hoop dat die gemeenskap moontlik verteenwoordiging in die stadsraad kan kry as deel van ‘n koalisie-regering waarin die VF Plus ook ‘n groot rol kan speel.

“Indien die VF Plus groei sal ons ‘n koalisie-vennoot wees om ‘n opposisie-geleide regering tot stand te bring wat die ANC en EFF kan uithou,” het Alberts aan die gemeenskap verduidelik.

Sodra die VF Plus deel van die nuwe regering vorm, sal die party in staat wees om te sorg dat dienslewering in die gemeenskap verbeter en dat die beloofde behuising uiteindelik realiseer.

Intussen gaan die gemeenskap se petisie aan die stadsraad oorhandig word en opgevolg word vir verdere aksie. Die VF Plus gaan ook ‘n moniteringstelsel implementeer om te sorg dat druk op die regering gehou word sodat die behoeftes aangespreek word.

 

Adv Anton Alberts: 082 391 3117

Past Ben Erasmus: 078 110 0114

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.