fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom aanstelling van gesoute polisieman as hoof van Valke in Mpumalanga

Die VF Plus verwelkom die aanstelling van generaal-majoor Nicholas Jacobus Gerber as hoof van Mpumalanga se direktoraat vir prioriteits-misdaadondersoeke (die Valke).

Dit is die eerste keer sedert 2008 dat 'n wit polisiebeampte as 'n provinsiale leier van die Valke in Mpumalanga aangestel word. Dit is belangrik dat lede van minderheidsgroepe ook in ag geneem word met bevorderings en aanstellings.

Genl.maj. Gerber is ‘n ervare en gesoute lid uit die geledere van die polisie en sal broodnodige stabiliteit in die topstruktuur van die Valke bring.

Die VF Plus was nog altyd gekant daarteen dat politieke aanstellings gemaak word van mense wat geen polisie-ervaring gehad het nie. Die aanstelling is daarom 'n ligpunt in 'n donker tonnel.

Genl. maj. Gerber se eerste toets sal wees om te kyk of hy ervare en bekwame bevelvoerders, wat nie onderhewig sal wees aan politieke gedienstigheid nie, sal aanstel.

Hy het geweldige uitdagings voor hom om misdaad in die provinsie te bestry. Hy is egter toegerus om dit te kan doen en beskik oor die nodige vaardigheid en kundigheid.

Die VF Plus sal hom steun in sy stryd om misdaad in dié provinsie te bestry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.