fbpx
Vryheidsfront Plus

Verkwisting van belastinggeld by Motumo-handelspos moet ondersoek word

Die VF Plus dring daarop aan dat daar ‘n ondersoek geloods word na die besteding van belastinggeld aan die Motumo-handelspos voordat daar weer in die 2023/24-finansiële jaar geld daarvoor begroot word.

Die party het die versoek amptelik gerig aan die uitvoerende burgemeester van die Capricorn-distriksmunisipaliteit (CDM) (wat die Polokwane-plaaslike munisipaliteit insluit) Memedupi Teffo, die munisipale bestuurder, Ramakuntwane Selepe, en die burgemeesterskomiteelid vir ontwikkeling, beplanning en omgewingsbestuurstelsels, Calvin Masoga.

Die Motumo-handelspos is geleë langs die N1 naby Botlokwa sowat 51km buite Polokwane (Pietersburg) en is ‘n projek wat die departement van omgewingsake en toerisme in 2003 geloods het.

Aanvanklik is daar beoog om die handelspos te ontwikkel in ‘n toeriste-aantreklikheid met konferensiegeriewe en akkommodasie asook vir plaaslike markuitstallings uit die omliggende gemeenskap.

Luidens ’n verslag wat by die distriksmunisipaliteit se komitee vir ontwikkeling, beplanning en omgewingsbestuurstelsels (DPEMS) ingedien is, het die departement van omgewingsake en toerisme die projek in 2003 – 2006 aan die departement van openbare werke oorhandig om die konstruksie-gedeelte te hanteer.

R22 miljoen is destyds bestee aan konstruksie.

Die projek is in 2009 aan die CDM oorhandig om te beheer, in stand te hou en fondse te genereer.

Die CDM het sedertdien 'n totaal van R1, 804 miljoen bestee aan opgradering en kragtoevoer. Tog is geen ontwikkeling van dié aard sigbaar nie en word geen inkomste hieruit gegenereer nie.

’n Verdere uitgawe van meer as R7 miljoen is net voor die 2010-Sokkerwêreldbekertoernooi bestee.

‘n Brand het in 2018 baie van die geboue verwoes.

Die Motumo-handelspos is ‘n bodemlose put waarin belastinggeld gestort word sonder enige teken dat dit lewensvatbaar bedryf kan word.

Regeringsprojekte moet ’n rol speel om armoede te verlig en werk te skep, veral in landelike gebiede waar werksgeleenthede skaars is.

Hierdie projek is net nog ‘n bewys van ‘n ANC-beheerde munisipaliteit wat niks doeltreffend kan bestuur nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.