fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek Centlec om reservoirs oor te sien met beurtkrag

Die VF Plus het Centlec versoek om die waterreservoirs wat die inwoners van die Mangaung-metro van water voorsien, oor te sien wanneer beurtkrag toegepas word.

Soortgelyke maatreëls is reeds vir hospitale ingestel en sal moontlik wees met die nodige aanpassings.

Mangaung en veral die noordelike voorstede van Bloemfontein het die afgelope week onder ernstige watertekorte deurgeloop weens beurtkrag en kragonderbrekings.

Die metro se kraginfrastruktuur is in so ‘n jammerlike toestand dat daar die afgelope tyd reuse probleme by verskeie substasies ondervind is wanneer die krag vir beurtkrag af- en aangeskakel word.

Dit het in sekere gevalle kragonderbrekings van tot tien ure aaneen tot gevolg gehad.

Langdurige kragonderbrekings plaas weer druk op die waterinfrastruktuur en veroorsaak nie net dat die reservoirs nie kan volloop nie, maar ook dat pype bars wanneer die watertoevoer weer herstel word.

Die plaaslike ekonomie ly reuse skade omdat ondernemings nie met slegs drie ure se kragvoorsiening per dag en sonder water kan funksioneer nie.

Die VF Plus het verskeie klagtes van onder meer hoenderboere, haarsalonne, slaghuise, supermarkte en kleuterskole ontvang.

Die krisis word vererger deur die versengende hittegolf wat tans in die Vrystaat heers.

Die ANC-regering se onvermoë en tekort aan politieke wil om infrastruktuurinstandhouding en -opgradering te prioritiseer, het daartoe gelei dat die reeds bestaande elektrisiteitskrisis vererger word.

Dit grens aan ‘n humanitêre krisis en is ‘n growwe skending van inwoners van die metro se menseregte.

Die waarnemende stadsbestuurder, mnr. Tebogo Motlashuping, is ook versoek om van die munisipaliteit se kant druk op Centlec te plaas om die reservoirs oor te sien wanneer beurtkrag toegepas word.

Dit is immers die metro se grondwetlike plig om toe te sien dat inwoners toegang tot water het.

Die VF Plus sal aanhou druk toepas vir volhoubare oplossings om verligting vir inwoners van Mangaung te bewerkstellig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.