fbpx
Vryheidsfront Plus

Dlamini-Zuma erken skokkende gebrek aan kundigheid in munisipaliteite

Daar slegs 168 behoorlik geakkrediteerde ingenieurs landwyd by munisipaliteite in diens. Dit verteenwoordig sowat 19% uit ‘n totaal van 1 026 persone wat in ingenieursposte aangestel is.

Dit blyk uit ‘n antwoord van die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus.

Dit blyk voorts uit die minister se antwoord dat een van die hoofredes vir die verval van kritieke infrastruktuur in ANC-beheerde munisipaliteite is dat daar slegs 141 geakkrediteerde siviele ingenieurs by munisipaliteite in diens is.

Geen geakkrediteerde meganiese ingenieurs is by munisipaliteite aangestel nie.

Intussen verval munisipale infrastruktuur sienderoë en miljarde rande se voertuie en ander toerusting staan letterlik en oproes op munisipale terreine.

Hierdie skokkende syfers belig ook die geweldige uitvloei van kritieke kundigheid uit munisipaliteite.

Dit het gelei tot ‘n algehele gebrek aan insig oor die noodsaaklikheid daarvan om kritieke vaardighede te behou om sodoende professionele dienslewering te verseker.

Dit verduidelik ook waarom letterlik miljarde rande se belastinggeld op tenders vermors word op dienste wat deur munisipaliteite self teen ‘n fraksie van die koste gelewer kon word.

Hierdie haglike stand van sake sal slegs beredder kan word as die ANC uit die regering verwyder word. Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.