fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisneming van verdagte ná plaasmoord in Mpumalanga

Die VF Plus in Mpumalanga verwelkom die inhegtenisneming gister van 'n verdagte vir beweerde betrokkenheid by 'n plaasmoord hierdie week.

Johan Nortje (66) is Sondag tydens 'n plaasaanval vermoor en sy vrou (56) aangerand op hul plaas Wilgekraal in Badfontein in die Thaba Chweu-plaaslike munisipaliteit.

Die 36-jarige verdagte is Maandagaand in eMalahleni/Witbank in hegtenis geneem. Dit het gevolg na gesamentlike pogings van die polisie se honde-eenheid en ander plaaslike wetstoepassingsagentskappe.

Mpumalanga is ‘n duidelike brandpunt met hierdie jongste plaasmoord, wat die vyfde plaasmoord in ‘n baie kort tydsbestek in dié provinsie is.

Die provinsie beleef die afgelope maande ‘n baie ernstige toename in plaasaanvalle, met slagoffers wat hul lewe op ‘n brutale wyse verloor het.

Die wyse waarop boere, plaaswerkers en hul gesinne blootgestel word aan die ergste vorm van marteling, is onmenslik en mag nooit die norm word nie.

Die VF Plus sal alle moontlike druk uitoefen om toe te sien dat die moordenaars in alle gevalle in hegtenis geneem en vervolg word.

Die VF Plus eis spoedige en besliste optrede en geen borgtog wanneer die moordenaars gevang word nie.

Die party spreek sy innige simpatie uit met mnr. Nortje se naasbestaandes.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.