Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel jongste plaasaanval in Vrystaat

Die VF Plus veroordeel die jongste plaasaanval in die Vrystaat waar mnr. Jansen van Rooyen op sy plaas teen die N3, tussen Warden en Harrismith, in ‘n pakkamer aangeval en onder meer met ‘n swaar voorwerp oor die kop geslaan is.

Mnr. van Rooyen word in ‘n hospitaal op Harrismith behandel. Die aanvallers, wat ‘n vuurwapen in hul besit gehad het, het te voet gevlug.

Jan van Niekerk, die VF Plus se provinsiale leier in die Vrystaat, was tot laat op die toneel saam met talle boere en polisie. Daar is saam na die aanvallers gesoek en ‘n skuilplek waar die aanvallers vermoedelik voor die aanval geskuil het, is naby die plaas opgespoor.

Die VF Plus doen opnuut ‘n beroep op boere om hulself te beveilig en te verdedig, binne die raamwerk van die wet.

Dit is duidelik dat aanvallers die uiterste geweld gebruik om boere te vermink, te martel of te vermoor, al is dit soms net vir iets soos ‘n selfoon.

Die VF Plus sal aanhou om volgehoue druk op die regering te plaas om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Die VF Plus wens mnr. van Rooyen 'n spoedige herstel toe, en sal saam met die polisie werk om die aanvallers spoedig op te spoor en in hegtenis te neem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.