Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun wantrouemosie in NMBM-leierskap

Die VF Plus het sy volle steun uitgespreek vir die mosie van wantroue in die huidige leierskap van die Nelson Mandela-metroraad (NMBM).

Die raadslid van die Good-party, Lawrence Troon, het die mosie ingedien en die VF Plus het dit gesekondeer.

Die wantrouemosie is in die burgemeester, Babalwa Lobishe, onderburgemeester, Gary Van Niekerk, speaker, Eugene Johnson en die hoofsweep van die raad, Wandisile Jikeka.

Die VF Plus het ernstige redes aangevoer vir sy ondersteuning van die mosie.

Onder die huidige leierskap het die metro swak presteer met slegs 29,9% van die NMBM se begroting wat teen die middel van die finansiële jaar bestee is. Dit het noodsaaklike infrastruktuurprojekte en werkskeppingsgeleenthede, veral in arm gemeenskappe, negatief beïnvloed.

Die burgemeester het versuim om die metro se aansuiweringsbegroting betyds aan die raad voor te lê. Sy ignoreer haar politieke verantwoordelikheid ten gunste van pogings om die administrasie van die metro te beheer.

Daar is ook toenemend beskuldigings van beweerde wanadministrasie, magsmisbruik, gebrek aan aanspreeklikheid, verwaarlosing van klein-, mikro- en medium-ondernemings (SMME’s) en vermorsing van openbare fondse.

Die inwoners van die NMBM verdien beter as die huidige leierskap wat die gemeenskap en die raad se vertroue geskend het.

In belang van dienslewering, finansiële dissipline en die herstel van goeie bestuur, is dit tyd vir ʼn nuwe verantwoordbare en bekwame leierskap.

Die VF Plus is onherroeplik verbind tot doeltreffende bestuur en ʼn verantwoordbare munisipale regering wat inwoners se belange eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.