Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun Sapoa se hofaksie teen Stad Kaapstad

Die VF Plus steun die Suid-Afrikaanse Eiendomeienaarsvereniging (Sapoa) se hofaksie teen die Stad Kaapstad rakende buitensporige tariefverhogings ten volle.

Sapoa het ʼn dringende aansoek by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om drie tariewe wat die Stad Kaapstad op 1 Julie 2025 in werking gestel het, te laat hersien en tersyde te stel.

Hierdie tariewe sluit in ‘n reinigingsheffing sowel as vaste fooie vir water en sanitasie, wat almal gekoppel is aan die waarde van die betrokke eiendom.

Die VF Plus het van die begin af dié tariewe teengestaan en gewaarsku dat dit ongebalanseerd en onregverdig is.

Die party het die negatiewe finansiële implikasies wat die tariewe vir huishoudings en ondernemings inhou voorspel en gewaarsku dat die Stad Kaapstad se besluit om hierdie tariewe te implementeer nie die ekonomiese stryd van sy inwoners in ag neem nie.

Die VF Plus het teen die begroting gestem.

Die stad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, se argument dat hierdie tariewe ʼn billike manier is om ryk eiendomseienaars te laat bydra tot infrastruktuurkoste, hou nie water nie aangesien dit juis klein eiendomseienaars en kwesbare individue swaar tref. Dit kan lei tot die gedwonge verkoop van eiendom.

Die VF Plus sal alle pogings steun om hierdie tariefverhogings om te keer en die Stad Kaapstad te dwing om billike, deursigtige en volhoubare tariewe te implementeer wat die inwoners se beste belange dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.