Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis optrede ná EFF-aanval op Nala-kantore

Die VF Plus dring daarop aan dat die Nala-plaaslike munisipaliteit se administrateur, Amos Goliath, onmiddellik optree teen lede van die EFF wat betrokke was by vandalisme, aanranding en intimidasie by die munisipale kantore in Bothaville.

Die voorval het plaasgevind nadat die geskorste munisipale bestuurder, Scotch Lehloenya en die finansiële hoof, Mochela Lekitlane, ná hul skorsing weer opgedaag het vir werk. Dit blyk dat die EFF ontevrede was hieroor en toe werkers wat hulle nie gesteun het nie, met knopkieries aangeval en uit die kantore verjaag het. Eiendom is ook beskadig.

Hierdie vorm van politiek-gedrewe intimidasie en geweld is niks anders nie as anargie. Dit vertrap basiese werkersregte en ondermyn dienslewering aan die inwoners van Nala.

Die VF Plus eis dat strafregtelike klagte teen die betrokke EFF-lede ingedien word vir aanranding, intimidasie en die beskadiging van eiendom. Indien mnr. Goliath versuim om op te tree, is hy medepligtig aan die onwettigheid.

Daar is geen plek vir anargie in Suid-Afrika nie. Wet en orde móét seëvier.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.