fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus se harde werk met SVD’s in Tshwane werp vrugte af

Die VF Plus is trots om aan te kondig dat die party se harde werk met die vestiging van stadsverbeteringsdistrikte (SVD’s) in die Tshwane-metro vrugte afgewerp het met die loodsing van die Centurion-Wes-SVD.

Die Tshwane-metroraad het in November 2023 die VF Plus se SVD-inisiatief goedgekeur as deel van sy amptelike beleid.

Die Centurion-Wes-SVD bestaan uit woongebiede en die sakekern van Centurion.

Die doel van ’n SVD is om beter dienslewering in spesifieke gebiede te verseker met die fokus op die veiligheid van woon- en sakegebiede in die metro.

Die Centurion-Wes-SVD is ʼn samewerkingsooreenkoms tussen die metro, die sekuriteitsfirma Monitornet en ander rolspelers. Ignite Urban het die aansoek vir ʼn SVD ingedien.

Die betrokkenheid van Motorola as ‘n vennoot het ‘n beduidende stap vorentoe beteken met die oprig van agt gesofistikeerde CCTV-LPR-kameras (motornommerplaat-herkenningskameras) as deel van die loodsprojek.

Vier slim-ligpale wat met sonkrag werk en toegerus is met kameras, sal ook binnekort opgerig word.

Dit sal 24-uur per dag vanuit ʼn hoë tegnologiebeheerkamer gemonitor word en ondersteun word deur ʼn professionele gewapende reaksiemag om te reageer sodra ʼn misdaad geïdentifiseer word.

Die VF Plus beskou die loodsing van die SVD-projek vir Centurion-Wes as ’n nuwe hoogtepunt en nog ’n sukses waarin die metro en sy inwoners hande vat in die bekamping van misdaad.

Die party het met sy SVD-inisiatief ook daarin geslaag om die hoogsgereguleerde vestiging van ʼn SVD te vereenvoudig.

In die verlede kon ʼn SVD net gevestig word indien 60% van die inwoners en 70% van sakeondernemings in die betrokke gebied daartoe ingestem het. Daar is ook ʼn bykomende maandelikse bedrag gehef om die inisiatief te finansier.

Met die nuwe konsep, wat die breinkind van die VF Plus is, geskied die skep van ʼn SVD baie vinniger en word dit op ʼn vrywillige basis gedoen. Die aansoekproses is ook vergemaklik en vinniger.

Nog 16 stedelike SVD-aansoeke is goedgekeur en sowat 20 ander is in die aansoekproses.

Die skep van SVD’s kan ook gesien word as die verwesenliking van ’n vorm van selfbeskikking en selfdoen wat een van die VF Plus se beginsels is.

(Foto: Van links na regs: André Jacobs (Tshwane-metro), Lebo Mashego (SVD-bestuurder), Frank Grobbelaar (Monitornet CEO), Grandi Theunissen (VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid), Nontando Nkutha (Motorola)

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.