Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mpumalanga: VF Plus eis ferm optrede met voortslepende protesaksies wat toerisme ontwrig

Die VF Plus veroordeel die voortslepende betogings op een van Mpumalanga se belangrikste toerismeroetes ten sterkste.

Die provinsie word die afgelope tyd geteister deur gewelddadige protesaksies wat die ekonomie en veral die toerismesektor groot finansiΓ«le verliese laat ly.

Die party het reeds die provinsiale LUR vir die departement van gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, asook die LUR vir die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme, me. Nompumelelo Hlophe, versoek om dringend hieroor in te tree.

Die R536 en alle toegange na Mkhuhlu, insluitende die Paul Krugerhek-pad, was teen vanoggend nog gesluit weens inwoners van diΓ© gebied se voortdurende betogings wat ’n beter pad en dienslewering eis.

Hulle het die pad met brandende bande, takke, klippe en sand afgesper.

Die versperring en betoging duur al die hele week.

Die R536 is een van die hoofslagare vir toerisme in Mpumalanga. Dit lei na die meeste gewilde toerismebestemmings soos die Nasionale Krugerwildtuin.

Toeriste na die wildtuin sowel as verskeie lodges by omliggende privaatreservate moes noodgedwonge alternatiewe planne beraam om by hul bestemmings uit te kom.

Die oorsaak van hierdie protesaksies is hoofsaaklik Ε‰ gebrek aan dienslewering. Historiese tarieweskuld van sowat R700 miljoen aan die Bosbokrand-plaaslike munisipaliteit speel Ε‰ groot rol.

Dispute oor grondbesit en grondindringing het die skuldinvordering van tariewe nou al te lank belemmer.

Die VF Plus het reeds ‘n mosie in die wetgewer ingedien dat die regering ‘n werkbare aksieplan in plek stel en dat skuldinvordering so gou as moontlik plaasvind.

Die VF Plus eis ook dat skuldiges wat aan ekonomiese terreur soos hierdie deelneem, soos enige ander misdadiger voor die reg behandel word.
Die ANC-regering het Ε‰ kultuur van misdadigheid onder die jongmense van Mpumalanga gekweek en dit kan nie langer geduld word nie.

Die enigste manier om Ε‰ verandering te bring, is om by die stembus saam met die VF Plus op te staan en sterk standpunt in te neem teen die algehele verval van die provinsie en ‘n totale gebrek aan dienslewering en verantwoording.

Saam kan ons Suid-Afrika herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.