Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus plaas JB Marks op terme oor kragkrisis op Ventersdorp

Die VF Plus in JB Marks het die ANC-beheerde plaaslike munisipaliteit vandag skriftelik op terme geplaas oor die voortslepende kragkrisis op Ventersdorp.

In ʼn skrywe aan me. Moithoesi Dassie, die speaker in die munisipale raad van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), eis die party dat die kragtoevoer na ʼn groot landbougebied teen Vrydag 12 April herstel moet wees.

Hierdie skrywe volg nadat die party reeds op 11 Maart skriftelik versoek het dat die probleme met 19 transformators na die gebied herstel moet word. Inwoners en ondernemings in die gebied sit in sommige gevalle reeds sedert Januarie sonder krag en moet teen groot koste van alternatiewe kragbronne gebruik maak.

Mondelinge versoeke aan die munisipale bestuur lei telkens bloot tot leë beloftes of ongegronde verskonings oor onder meer vertragings in die aankoopprosedure vir nuwe transformators.

Dit is opmerklik dat die kragtoevoer na ʼn bekende ANC-vesting in die Tshing-woongebied by Ventersdorp binne dae herstel en ʼn nuwe transformator geïnstalleer is.

Indien die kragtoevoer teen Vrydag nie herstel is nie, sal die VF Plus genoop wees om die kwessie na Noordwes se provinsiale regering en die menseregtekommissie (MRK) te neem om die munisipaliteit aanspreeklik te hou.

Dit is ʼn skande dat die inwoners van Ventersdorp en Potchefstroom gereeld finansiële en ander skade moet ly onder ʼn onbevoegde ANC-bestuur in JB Marks.

Kiesers moet op 29 Mei met hul stemme verseker dat die ANC uit regering verwyder word en vervang word met ʼn bekwame koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

Herbou Suid-Afrika saam met die VF Plus.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.