Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-raadslid in Kenneth Kaunda verwerf doktorsgraad met geestelike welstandsprogram vir voorskoolse kinders

Die VF Plus wens Mariska Oosthuizen-van Tonder, ‘n VF Plus-raadslid in die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit (JB Marks en Matlosana, Maquassi Hills), geluk met haar verwerwing van ‘n doktorsgraad in Filosofie in Gesondheidswetenskappe met Verpleegkunde aan die Noordwes Universiteit.

Dr. Oosthuizen-van Tonder het die graad verwerf met die ontwikkeling van die holistiese “Bloom socio-emotional well-being (SEWB)”- program vir voorskoolse (3 tot 5 jarige) kinders.

Die program is ontwikkel om ouers en gesondheidswerkers onder meer toe te rus om enige faktor wat die geesteswelstand van kinders bedreig, tydig te identifiseer en remediërende stappe te neem.

Oosthuizen-van Tonder se Bloom-program vul ‘n groot leemte wat tot dusver in basiese gesondheidsorg en vroeë kinderontwikkeling bestaan het.

Die VF Plus sal hierdie kundigheid aanwend tot die onmiddellike voordeel van die gemeenskappe in die Kenneth Kaunda-distrik en die implementering van die program landwyd promoveer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.