Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro se nuwe water-vennootskap dreig om mislukking te word

Die VF Plus neem kennis van die Tshwane-metro se onlangse vennootskap met die strategiese watervennootskap-netwerk (SWPN), wat op 17 Oktober 2025 aangekondig is.

Dié vennootskap behels die bekendstelling van ’n digitale “waterbalans-paneelbord” wat ontwikkel is om waterverliese te verminder, lekkasies op te spoor en vraagbestuur te verbeter.

Hoewel die inisiatief op papier prysenswaardig is, is die VF Plus diep bekommerd dat dit sonder duidelike bestuurstrukture, bindende teikens en ’n volhoubare finansiële plan, eenvoudig nog ’n duur beeldprojek kan word.

Die werklikheid is dat Tshwane nie nog ’n mislukte inisiatief kan bekostig terwyl waterverliese op byna 43% staan, infrastruktuur ineenstort en onwettige aansluitings hulpbronne uitput nie.

’n VF Plus-risikobepaling toon dat die SWPN-vennootskap, in sy huidige vorm, ’n 83% kans op mislukking het. Die redes hiervoor sluit in die afwesigheid van ’n duidelike aanspreeklikheidsraamwerk, die gebrek aan afdwingbare prestasie-aanwysers en die feit dat geen openbare finansiële volhoubaarheidsontleding gedoen is nie.

Die VF Plus stel daarom voor dat die metro onmiddellik ’n bestuurs- en aanspreeklikheidsraamwerk vir die vennootskap publiseer en dat bindende, meetbare teikens vasgestel word om waterverliese te verminder.

Daarbenewens moet kwartaallikse vorderingsverslae aan die raad én die publiek beskikbaar gestel word en ’n onafhanklike lewensvatbaarheidstudie oor die finansiële volhoubaarheid van die projek gedoen word voordat verdere fondse daaraan bestee word.

Goeie bedoelings en blink tegnologie is nie genoeg nie.

Tshwane se inwoners ly reeds onder gereelde wateronderbrekings, droë krane en stygende tariewe.

Die metro kan eenvoudig nie nog ’n mislukte inisiatief bekostig nie.

Die VF Plus sal nie toelaat dat watersekerheid in Tshwane verder op die spel geplaas word weens swak bestuur nie.

Die party eis duidelikheid, aanspreeklikheid en meetbare resultate.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.