Die VF Plus het tydens ‘n virtuele komiteevergadering die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, en die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, gevra om gemeenskappolisiëringforums (GPF) toe te laat om tydens die staat van inperking patrolliediens te doen.
Lede van die GPF speel ‘n belangrike rol in die bekamping van misdaad en hul hulp is veral nodig ná die beduidende styging van veediefstalle, inbrake en diefstal by ondernemings in Gauteng.
Die polisie is tans onder druk om toe te sien dat inperkingregulasies deur gemeenskappe nagekom word.
Indien die regering weier om buurtwagte toe te laat om hul werk te doen, kan daar ‘n styging in huisbrake verwag word.
Die VF Plus sal volhou om druk op die Gautengse regering te plaas om patrolliedienste toe te laat om inwoners van die provinsie te help beskerm.
Kontaknommer: 071 640 7283