fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus ondersteun Convergence4SA om verandering en vernuwing te bring

Die VF Plus se pleidooi dat burgerlike organisasies in Suid-Afrika betrokke raak, saamstaan teen die ANC en burgery aanmoedig om te registreer en te gaan stem om verandering en vernuwing teweeg te bring, is besig om te realiseer.

Die VF Plus verwelkom die totstandkoming van ʼn groep burgerlike organisasies wat onder die naam Convergence4SA bymekaar gekom het, juis vir hierdie doel.

Hierdie is ʼn baie positiewe ontwikkeling wat wyd gesteun behoort te word. Die afgelope aantal jare het die burgerlike samelewing ʼn al hoe groter rol in Suid-Afrika begin speel.

Dit het noodsaaklik geword vanweë die verval en inploffing van die staat wat nie langer in staat is om sy verantwoordelikhede teenoor die burgers van Suid-Afrika na te kom nie.

Hierdie aanvanklike groep van 22 organisasies dui die pad aan vir die totale burgerlike samelewing in Suid-Afrika.

Politieke partye wat reeds bymekaar gekom het in die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika, is ʼn klein maar belangrike deel van die groter Suid-Afrikaanse samelewing.

Die politieke partye in die Veelpartyhandves behoort hierdie poging te steun om die burgers van Suid-Afrika te laat registreer om hul demokratiese stemreg in 2024 uit te oefen.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die totale Suid-Afrikaanse burgerlike gemeenskap, vakbonde, kerke, die sakegemeenskap, akademici, maatskaplike organisasies, die jeug en individue, om hulle by Convergence4SA aan te sluit.

Dit is nou die tyd om eendragtig saam te staan. Die verkiesing van 2024 is die geleentheid om Suid-Afrika te herbou en te bevry uit sy inploffingsspiraal onder die huidige mislukte ANC-regering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.