fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-Mpumalanga verwelkom repatriasie van Laeveld-kinders na Suid-Afrika

Die VF Plus is bly dat sy optrede ‘n gewisse rol gespeel het in die repatriasie van twee jong kinders (onderskeidelik sewe en elf jaar oud) vanuit Mosambiek. Die partye was onder meer in gesprek met die betrokke staatsdepartemente om die repatriasie te bewerkstellig.

Die VF Plus het met mnr. Gerrit van der Nest en sy vrou Marlene, van Witrivier in Mpumalanga, kontak gemaak nadat hulle op sosiale media om hulp gevra het om hul twee kinders terug in die land te kry.

Die egpaar het hul kinders 75 dae gelede gesien toe hulle Mosambiek na 'n vakansie verlaat het. Die kinders het by hul grootouers en familie in Mosambiek aangebly en is daar gestrand gelaat met die aanbreek van Covid-19-inperking.

Die VF Plus het met die departement van buitelandse sake begin onderhandel om die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika vir 'n beperkte tydperk te open vir die repatriasie van die Van der Nest-kinders en enkele ander Suid-Afrikaners.

Die kinders is tans veilig saam hul ma in 'n kwarantyngerief vir die 14 dae-kwarantyntydperk soos voorgeskryf.

Die VF Plus wil graag sy parlementslid verantwoordelik vir binnelandse, mnr. Jaco Mulder, bedank vir die werk wat hy in dié verband gedoen het.

Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.