fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus monitor onwettige grondbesettings by Stilfontein in Noordwes

Die VF Plus het reeds werk gemaak van ‘n situasie by Stilfontein in Noordwes waar honderde mense sedert Sondagaand (21 Julie) begin het om ‘n stuk grond reg langs die dorp te beset

In ‘n oënskynlik georkestreerde aksie het die besetters – ook met die hulp van munisipale amptenare van die Matlosana-munisipaliteit – erwe begin uitmeet en afbaken. Munisipale trokke is gesien wat pale en pype vir die mense aangery het om erwe mee af te baken.

VF Plus-parlementslede, ‘n VF Plus-wetgewerlid asook plaaslike VF Plus-raadslede, monitor die situasie saam met die polisie en die Afriforum-buurtwag

Die VF Plus het ook reeds klagte by die Matlosana-raad ingedien oor die onwettige misbruik van munisipale eiendom en vereis onmiddellike sterk optrede teen die betrokke amptenare wat die besetters gehelp het.

Erns Kleynhans, ‘n VF Plus-wetgewerlid in Noordwes, het die aangeleentheid met die LUR vir openbare werke opgeneem en het versoek dat die provinsiale regering onmiddellike stappe neem om die onwettige grondbesetting stop te sit.

Die VF Plus het vasgestel dat die betrokke grond wel staatsgrond is, maar dat Transnet ook ‘n serwituut op die grond het vir ‘n pypleiding wat oor die grond loop. Die polisie kan daarom eers verdere stappe neem indien die staat as eienaar van die grond ‘n klag teen die besetters indien.

Weens die diensleweringsprobleme wat reeds ondervind word, sal die owerhede vinnig in hierdie geval moet optree aangesien die besetting ‘n wesenlike bedreiging inhou vir die volhoubare voortbestaan van Stilfontein.

Die VF Plus sal voortgaan om hierdie tipe anargisme te beveg op alle vlakke van regering. Die regte en belange van wetsgehoorsame burgers moet beskerm word.

 

Kontaknommer: 079 885 1135

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.